Kinders met spesiale behoeftes het ’n toekoms by Breedevallei APD

By ons verskeie dagsorg sentrums akkommodeer ons kinders met alle tipes gestremdhede en hulle is almaI vir ons baie spesiaal en belangrik.

Ons het vier dagsorg sentrums in die Breedevallei Munisipaliteit area: Rise & Shine in Worcester, Caring & Sharing in Touwsrivier ,Umnenge in De Doorns en Rawsonville dagsorg .

Die proses hoe om u kind met spesiale behoeftes in te skryf by BVAPD is redelik maklik.

Maak ‘n afspraak met ons hulp-maatskaplike werker lllze Van Reenen. Sy doen dan ‘n evaluasie met die ouers en kind. As daar nie dadelik plek by een van die dagsorg sentrums is nie, plaas ons u kind op ons waglys. Die kinders op die waglys word verwys na ons Commkidz program waar die arbeidsterapeut, Me Jolene George die kinders in die gemeenskap tuis stimuleer tot daar wel plek is.

Elke dagsorg volg ‘n program wat deur die terapeute van die Departement van Onderwys voorgeskryf word. Ons sentrums kry gereelde besoeke van die Departement van Onderwys sowel as die Departement van Gesondheid.

Ons het al baie sukses behaal met die uitplasing van ons kinders na hoof-stroom skole danksy die programme en stimulasie wat hulle by ons ontvang. Een van ons leerders wat uit geplaas is vorder in 2024 na graad 8. Ons is baie trots op ons program en stimulasie wat ons aanbied vir elke kind, ongeag hul gestremdheid. Dit is baie belangrik dat ons kinders uitgeplaas word waar hulle optimaal kan funksioneer volgens hulle vermoëns.

Ons  hoof doel is om ons kinders deur inklusiewe onderwys tot die beste van hulle vermoëns te laat ontwikkel en nie na ons vermoëns nie. Sou u belang stel om u kind met spesiale behoeftes by ons in te skryf kan u ‘n epos rig aan education@bvapd.org.za of skakel ons op 0233472002 om ‘n afspraak te reël.